Numbers 31:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses en die priester Eleásar het die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd geneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel te gedenk voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses en die priester Eleasar het die goud by die aanvoerders gekry en dit na die tabernakel gebring. Dit sou die Here altyd aan Israel laat dink.
Afrikaans 1933/1953 So het Moses en die priester Ele sar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.
Afrikaans 1983 Moses en die priester Eleasar het die goud by die bevelvoerders in ontvangs geneem en dit na die tent van ontmoeting toe gebring. Dit moes die Here altyd aan Israel herinner.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses en die priester Eleasar het die goud in ontvangs geneem van die aanvoerders van duisend en van honderd. Hulle het dit in die Tent van Ontmoeting ingeneem om voor die Here te dien as 'n herinnering aan die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en die priester Eleasar het die goud by die offisiere geneem en hulle het dit na die tent geneem waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het dit gedoen sodat die Here altyd aan die Israeliete kon dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses en Eleasar het die geskenke van die offisiere na die tent toe gevat waar die Here aanbid word en dit daar bewaar om die Here te herinner dat die Israeliete aan Hom behoort.