Numbers 31:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ons 'n spysoffer aan die HERE gebring, wat elkeen gekry het, van goue juwele, kettings en armbande, ringe, oorringe en tafels, om vir ons siele versoening te doen voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons bring vir die Here ’n offer van al die goue goed wat ons gekry het: armringe en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening bring by die Here.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Daarom bring ons as offergawe aan die Here al die goue goed wat ons gekry het: armkettings en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening doen by die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom bied elkeen van ons wat goue voorwerpe gevind het, 'n offergawe vir die Here aan – armkettinkies, armbande, ringe, oorringe en halskettings – om voor die Here vir ons lewens versoening te doen. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het ons vir die Here 'n offer gebring van die goed wat ons elkeen gekry het, dit is goue goed, armringe, armbande, seëlringe, oor-ringe en ander juwele. Ons bring die offer om vir ons by die Here versoening te doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom bring ons nou ook ons bydrae aan die Here uit die kleiner artikels wat elke man vir homself gevat het: goue kettinkies, armbande, ringe, oorringe en halssnoere. Dit is ons manier om vir die Here dankie te sê dat Hy ons lewe gespaar het en om ekskuus te sê vir al ons sondes.”