Numbers 31:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En uit die duisende van Israel is daar duisend uit elke stam verlos, twaalfduisend gewapen vir oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe uit elke stam 1 000 man opgekommandeer, dus was daar 12 000 man wat reg was om in die oorlog te gaan veg.
Afrikaans 1933/1953 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalf duisend wat vir die oorlog gewapen was.
Afrikaans 1983 Daar is toe twaalf duisend man uit die stamme van Israel aangewys, duisend uit elke stam, almal toegerus vir die oorlog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit die leërafdelings van Israel is 'n duisend man per stam gekies – twaalfduisend wat gewapen was vir oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het toe vir 1 000 manne van elke stam gesê om gereed te maak. Daar was 12 000 manne wat gereed was om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe 1 000 soldate uit elke stam gekies en hulle met wapens toegerus om te gaan veg. Daar was altesaam 12 000 soldate.