Numbers 31:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle vir Moses: U dienaars het die som van die krygsmanne geneem wat onder ons bevel is, en daar het nie een man van ons ontbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vir Moses gesê: “Meneer, ons het die mans getel wat onder ons bevel was. Ons vermis nie een van ons manskappe nie.
Afrikaans 1933/1953 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.
Afrikaans 1983 en gesê: “Ons het die soldate wat onder ons bevel was, getel, en daar word nie een vermis nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir hom gesê: “U dienaars het 'n hoofdelike telling gehou van die krygsmanne wat onder ons bevel staan, en nie een van hulle word vermis nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir Moses gesê: “Ons het die manne getel wat oorlog gaan maak het, ons was hulle leiers en ons lewe nog almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons het al die manskappe onder ons bevel getel. Nie een is in die oorlog dood of vermis nie.