Numbers 31:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs van die kinders van Israel se helfte het Moses een deel van vyftig geneem, van mense sowel as van diere, en dit aan die Leviete gegee wat die diens van die tent van die HERE waargeneem het; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit die deel wat die mense gekry het, het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat en dit vir die Leviete gegee wat by die tabernakel van die Here gewerk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het.
Afrikaans 1933/1953 uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem -- van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere -- en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke vyftig persone en diere gevat soos die Here hom beveel het, en dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die Here behartig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het uit die helfte-aandeel van die Israeliete, dit wat teruggehou is, een uit vyftig van die mense en van die diere geneem en hulle vir die Leviete gegee wat verpligtinge nagekom het by die tabernakel van die Here, soos wat die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het een uit elke 50 van die Israeliete se helfte geneem, dit was mense en diere. Moses het dit vir die Leviete gegee wat by die tempel-tent van die Here werk, dit was soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat volgens die Here se opdrag, en dit vir die Leviete gegee wat in beheer was van die tabernakel.