Numbers 31:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die helfte van die kinders van Israel moet jy een deel van vyftig neem, van die persone, van die beeste, van die esels en van die kleinvee, van allerhande diere, en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens waarneem van die tabernakel van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat uit die volk se deel een uit elke 50 van die mense, die beeste, die donkies, die kleinvee en die ander diere wat gevange geneem is. Gee dit vir die Leviete wat by die tabernakel werk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem. |
| Afrikaans 1983 | Uit die deel van die res van die Israeliete moet jy een op vyftig vat, uit die mense, beeste, donkies, kleinvee en ander diere, en dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die Here behartig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Uit die helfte-aandeel van die Israeliete, moet jy een uit vyftig neem van die mense, die beeste, die donkies, die kleinvee, van al die diere. Jy moet dit vir die Leviete gee wat hulle verpligtinge by die •tabernakel van die Here nakom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy moet 'n deel neem van die helfte wat die Israeliete kry. Jy moet een uit elke 50 neem, jy moet dit neem uit die persone, beeste, donkies, skape en bokke, en ander diere. Jy moet hulle gee vir die Leviete wat werk by die tempel-tent van die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet ook een uit elke 50 van alles wat aan die volk gegee word, mense, beeste, donkies, skape en bokke, by hulle vat. Hierdie gedeelte moet jy vir die Leviete gee wat in beheer is van die tabernakel waar Ek aanbid word.” |