Numbers 31:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het met die volk gespreek en gesê: Bewapen sommige van julle vir die oorlog, en laat hulle teen die Midianiete trek en wreek aan die HERE van Midian.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir die volk gesê: “Kry van julle manskappe reg om oorlog te gaan maak teen die Midianiete. Hulle moet in die Naam van die Here gaan wraak neem op die Midianiete.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen M¡dian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan M¡dian te voltrek.
Afrikaans 1983 Moses het toe vir die volk gesê: “Bewapen manne vir die oorlog en laat hulle teen die Midianiete optrek om hulle te straf in die Naam van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het toe met die volk gepraat en gesê: “Van die manne onder julle moet hulleself bewapen vir die stryd, sodat hulle teen Midian kan optrek om die vergelding van die Here oor Midian te voltrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die volk gesê: “Party van julle moet gereedmaak om oorlog te maak sodat julle die Midianiete kan aanval en kan straf soos die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe vir die volk gesê: “Kies ’n groep soldate en stuur hulle om die Midianiete in die Naam van die Here te gaan straf.