Numbers 31:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hef aan die HERE 'n belasting op van die krygsmanne wat uitgetrek het om te veg: een siel uit vyf honderd, beide van die persone en van die beeste en van die esels en van die skape; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Staan aan die Here sy deel af van die gevangenes, die beeste, die donkies en die vee wat die oorlog opgelewer het. My deel is een uit elke 500. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hef 'n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het -- een uit elke vyf honderd -- van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet van die soldate wat gaan veg het, 'n offergawe vir die Here neem, een op vyf honderd uit die mense, beeste, donkies en kleinvee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vorder vir die Here 'n bydrae in van die krygsmanne wat uitgetrek het vir die stryd: een uit elke vyfhonderd van die mense, van die beeste, van die donkies en van die kleinvee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet 'n deel neem van alles wat die manne kry wat oorlog gaan maak het, en jy moet daardie deel vir die Here gee. Die deel wat die Here moet kry, is een uit elke 500 van die persone, beeste, donkies, en skape. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit die soldate se helfte moet jy vir die Here ook sy deel gee. Een uit elke 500 mense, beeste, donkies, skape en bokke behoort aan die Here. |