Numbers 31:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles wat die vuur kan verduur, moet julle deur die vuur laat gaan, en dit sal rein wees; nogtans moet dit gereinig word met die water van skeiding; en almal wat die vuur nie verdra nie, moet julle deur die water maak.
Afrikaans (NLV) 2011 alles wat nie met vuur vernietig kan word nie, moet julle in vuur reinig. Daarna moet dit met reinigingswater skoongemaak word. Alles wat in die vuur kan verbrand, hoef net met reinigingswater skoongemaak te word.
Afrikaans 1933/1953 elke ding wat in die vuur kan kom -- moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Afrikaans 1983 alles wat nie kan verbrand nie, moet deur julle met vuur gereinig word en daarna met reinigingswater. Alles wat kan verbrand, moet deur julle met reinigingswater gereinig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) – elke voorwerp wat teen vuur bestand is – moet julle deur die vuur laat gaan; dan sal dit rein wees. Maar dit moet ook met reinigingswater gereinig word. Ook alles wat nie vuurbestand is nie, moet julle deur die water laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***