Numbers 31:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die priester Eleásar aan die krygsmanne wat na die geveg getrek het: Dit is die insetting van die wet wat die HERE Moses beveel het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester Eleasar het toe vir die mans wat gaan oorlog maak het, gesê: “Die voorskrif wat die Here vir Moses gegee het, is: |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester Ele sar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Die priester Eleasar het vir die soldate wat gaan oorlog maak het, gesê: “Die voorskrif wat die Here aan Moses geopenbaar het, is: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester Eleasar het vir die krygsmanne wat oorlog toe gegaan het, gesê: “Die volgende is 'n vaste wetlike voorskrif wat die Here Moses gegee het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester Eleasar het gepraat met die manne wat oorlog gaan maak het. Hy het vir hulle gesê: “Dit is wat julle altyd moet doen, die Here het vir Moses gesê julle moet dit doen: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [21-23] Eleasar het toe vir die soldate gesê: “Die Here het vir Moses beveel: Alle oorlogsbuit wat hitte kan verduur, soos goud, silwer, brons, yster, tin en lood, moet eers met vuur skoongebrand word en daarna met reinigingswater skoongewas word. Daarna is dit skoon en aanvaarbaar voor die Here. Alles wat nie met vuur skoongemaak kan word nie, moet net met reinigingswater gewas word. |