Numbers 31:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet sewe dae lank buite die laer bly: elkeen wat iemand gedood het en elkeen wat iemand wat verslaan is, aangeraak het, reinig julleself sowel as julle gevangenes op die derde dag en op die sewende dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen van julle wat iemand doodgemaak het, of aan ’n lyk gevat het, moet sewe dae lank buite die kamp bly. Julle moet julleself en die mense wat julle gevange geneem het op die derde en die sewende dag reinig.
Afrikaans 1933/1953 En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het -- julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
Afrikaans 1983 Dié van julle wat iemand doodgemaak het of aan 'n lyk geraak het, moet sewe dae buite die kamp bly. Op die derde en die sewende dag moet julle julleself en julle gevangenes reinig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal van julle wat iemand doodgemaak het, en almal wat aan 'n gesneuwelde geraak het, moet sewe dae lank buite die kamp tent opslaan. Op die derde en op die sewende dag moet julle julleself reinig – julle en julle gevangenes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet julle tente buite die kamp opslaan en sewe dae daar bly, elkeen wat iemand doodgemaak het en elkeen wat aan 'n dooie liggaam geraak het. Julle en julle gevangenes moet julle reinig op die derde dag en op die sewende dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen van julle wat iemand in die oorlog doodgemaak het of aan ’n lyk geraak het, moet vir sewe dae uit die kamp uit bly. Julle moet julleself en julle gevangenes op die derde en die sewende dag reinig deur die voorgeskrewe offers te bring.