Numbers 31:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses was toornig op die owerstes van die leër, op die owerstes oor duisend en owerstes oor honderd wat uit die geveg gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses was kwaad vir die aanvoerders van die leër wat van die veldslag af teruggekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Moses was kwaad vir die bevelvoerders van die leër, die bevelvoerders oor duisend en oor honderd wat van die veldtog af teruggekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het hom bloedig vererg vir die bevelvoerders van die leër, die aanvoerders van duisend en die aanvoerders van honderd, wat van die militêre veldtog teruggekeer het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses was kwaad vir die offisiere van die leër. Die offisiere was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne wat teruggekom het van die oorlog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses was baie kwaad vir die offisiere en hulle onderoffisiere toe hulle van die geveg af terugkom. |