Numbers 31:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die gevangenes en die buit en die buit na Moses en die priester Eleasar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring na die laer by die Moabvlaktes wat by die Jordaan naby Jerigo lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het dit vir Moses en die priester Eleasar en die gemeenskap van Israel gebring waar hulle kamp opgeslaan het op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Ele sar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van J,rigo is. |
| Afrikaans 1983 | en die gevangenes, die roof en die buit na Moses en die priester Eleasar en die volk Israel toe gebring in die kamp in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die gevangenes, die oorlogsbuit en alles wat gestroop is, na Moses, die priester Eleasar en die volksvergadering van die Israeliete gebring in die kamp, in die vlaktes van Moab by die Jordaan, teenoor Jerigo. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die gevangenes en die goed wat hulle gevat het, na Moses en die priester Eleasar en na al die Israeliete toe gebring, hulle het dit gebring na die kamp wat in die Moab-vlakte naby die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle dit alles na hulle kamp toe gevat op die vlaktes van Moab. Dit is regoor Jerigo langs die Jordaanrivier. Daar het hulle alles vir Moses en die priester Eleasar in die teenwoordigheid van die volk gegee. |