Numbers 31:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het al die buit en al die buit geneem, van mense sowel as van diere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het almal wat hulle gevange geneem het, en alles wat hulle onder die mense en diere geplunder het, saam met hulle gevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | en al die roof geneem en al die buit, mense en diere. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Israeliete alles wat hulle gebuit en geroof het, mens en dier, gevat |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar alles wat gestroop is en al die oorlogsbuit, mense en diere, het hulle saamgevat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hulle het al die goed en alles wat hulle kon kry, mense en diere, saamgevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat hulle al hulle oorlogsbuit en al die mense en diere bymekaargemaak het, |