Numbers 30:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar elke gelofte van 'n weduwee en van haar wat geskei is, waarmee hulle hul siele verbind het, sal teen haar geld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vir ’n weduwee of ’n vrou wat geskei is, staan alles vas waaraan hulle hulle verbind het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die gelofte van 'n weduwee of van 'n vrou wat verstoot is -- alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees. |
| Afrikaans 1983 | “Enige gelofte wat 'n weduwee of 'n geskeide vrou gedoen het of enige verpligting wat sy op haar geneem het, bly van krag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wat betref die gelofte van 'n weduwee of vrou wat verstoot is: Alles wat sy op haarself geneem het, bly vir haar geldig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar 'n weduwee of 'n geskeide vrou moet doen wat sy belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n weduwee of ’n geskeide vrou ’n belofte aflê of ’n eed sweer voor die Here, bly dit van krag. |