Numbers 30:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as haar man haar verbied het op die dag dat hy dit hoor; dan moet hy haar gelofte wat sy beloof het, en wat sy met haar lippe gespreek het, waarmee sy haar siel verbind het, onverbeterlik maak; en die HERE sal haar vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011 As haar man dit egter afkeur die dag waarop hy daarvan hoor, maak hy die gelofte of die verpligtings wat sy onnadenkend op haar geneem het, tot niet. Die Here sal haar dit vergeef.
Afrikaans 1933/1953 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe.
Afrikaans 1983 Maar as haar man dit afkeur wanneer hy daarvan hoor, verklaar hy die gelofte of die verpligtinge wat sy onnadenkend op haar geneem het, nietig, en sal die Here dit nie teen haar hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as haar man teenoor haar sy afkeuring uitspreek op die dag wat hy daarvan hoor, dan maak hy die gelofte wat op haar rus en die onbesonne uitspraak waarmee sy haarself gebind het, ongeldig; en die Here sal haar vergewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as haar man hoor wat sy belowe, en dadelik vir haar sê sy mag dit nie doen nie, dan stop hy die gelofte wat sy gemaak het en dan keer hy dat sy doen wat sy belowe het voordat sy goed gedink het. Die Here sal haar vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as haar man dit dadelik afkeur sodra hy daarvan hoor, is die beloftes wat sy gemaak het, ongeldig. Die Here sal haar nie daaraan hou nie.