Numbers 30:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as haar vader haar verwerp op die dag dat hy dit hoor; geen van haar geloftes of van haar bande waarmee sy haar siel verbind het, sal bestaan nie; en die HERE sal haar vergewe, omdat haar vader haar verbied het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As haar pa dit egter teenstaan op die dag waarop hy daarvan hoor, is die geloftes of die verpligtings wat sy op haar geneem het, nietig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie. Hy sal haar vergeef, want haar pa het dit afgekeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het. |
| Afrikaans 1983 | Maar as haar pa dit afkeur wanneer hy daarvan hoor, is die geloftes of die verpligtinge wat sy op haar geneem het, nie van krag nie. Die Here sal dit nie teen haar hou nie omdat haar pa dit afgekeur het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar as haar vader teenoor haar sy afkeuring uitspreek op die dag wat hy daarvan hoor, is al haar geloftes en verpligtinge wat sy op haarself geneem het, nie geldig nie. Die Here sal haar vergewe, omdat haar vader sy afkeuring teenoor haar uitgespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as haar pa hoor wat sy belowe, en hy sê dadelik vir haar sy mag nie doen wat sy belowe het nie, dan moet sy dit nie doen nie. As haar pa so gesê het, dan sal die Here haar vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as haar pa daarvan hoor en dit dadelik stopsit, is al haar beloftes ongeldig. Die Here sal haar nie aan haar woord hou nie omdat haar pa haar gekeer het om te doen wat sy belowe het. |