Numbers 30:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En haar vader luister na haar gelofte en haar band waarmee sy haar siel verbind het, en haar vader sal oor haar swyg; dan sal al haar geloftes bestaan, en elke band waarmee sy haar siel verbind het, sal bestaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As haar pa hoor van die gelofte wat sy afgelê het, of van die belofte wat sy gemaak het, en hy maak nie daarteen beswaar nie, staan die gelofte en die onderneming vas. |
| Afrikaans 1933/1953 | en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees. |
| Afrikaans 1983 | en haar pa hoor van die gelofte of die verpligting en hy maak nie daarteen beswaar nie, bly al die geloftes of die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en haar vader hoor van haar gelofte en die verpligting tot onthouding wat sy op haarself geneem het, maar haar vader bly stil teenoor haar, dan geld al haar geloftes; en elke verbintenis wat sy op haarself geneem het, geld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en haar pa kom hiervan te hore en hy sê niks daarvan nie, bly al die beloftes of verpligtings geldig. |