Numbers 30:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n vrou ook 'n gelofte aan die HERE beloof en haarself met 'n band verbind terwyl sy in haar vader se huis was in haar jeug;
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Jong meisie wat nog in haar ouerhuis bly, kan ’n gelofte aan die Here maak, of ’n belofte aflê.
Afrikaans 1933/1953 Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
Afrikaans 1983 “As 'n jong vrou wat nog in haar ouerhuis is, 'n gelofte aan die Here doen of 'n verpligting op haar neem,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer 'n vrou 'n gelofte aan die Here aflê en haar in haar jeug aan die onthouding van iets bind terwyl sy in die huis van haar vader is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [3-4] “Wanneer 'n vrou nog jonk is en sy woon by haar ouers en sy maak 'n gelofte aan die Here, dan moet sy alles doen wat sy belowe het. Sy moet dit ook doen wanneer sy belowe om iets te doen en sy sê die Here moet die getuie wees, en haar pa hoor wat sy belowe het en hy sê niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n jongmeisie voor haar troue terwyl sy nog in haar ouerhuis woon, ’n belofte aan die Here maak of iets onder eed belowe,