Numbers 30:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand 'n gelofte aan die HERE doen, of 'n eed sweer om sy siel met 'n band te bind; hy sal sy woord nie verbreek nie, hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat aan die Here ’n gelofte maak, of hom met ’n eed verbind, mag nooit sy woord verbreek nie. Hy moet presies doen wat hy beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan. |
| Afrikaans 1983 | As iemand aan die Here 'n gelofte doen of met 'n eed 'n verpligting op hom neem, mag hy sy woord nie breek nie; hy moet hom aan alles hou wat hy beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n man aan die Here 'n gelofte aflê, of as hy 'n eed aflê om te hou by 'n onderneming wat hy gegee het, mag hy sy belofte nie verbreek nie. Alles wat oor sy lippe gekom het, moet hy doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand 'n gelofte aan die Here maak of hy belowe dat hy iets sal doen en hy sê die Here moet die getuie wees, dan mag hy nie sy gelofte breek nie. Hy moet alles doen wat hy belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand ’n belofte aan die Here maak of onder eed iets belowe, mag hy nie sy woord breek nie; hy moet presies doen wat hy gesê het. |