Numbers 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen die vader en sy dogter, terwyl sy nog in haar jeug in die huis van haar vader was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die voorskrifte wat die Here vir Moses gegee het met betrekking tot die verhouding tussen ’n man en sy vrou, en tussen ’n pa en sy dogter wat nog by hom in sy huis is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die voorskrifte wat die Here aan Moses gegee het oor die verhouding tussen 'n man en sy vrou, en tussen 'n pa en sy ongetroude dogter wat nog in haar ouerhuis is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die vaste voorskrifte wat die Here Moses beveel het met betrekking tot 'n man en sy vrou, en 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug nog in haar vader se huis is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is wat die Here vir Moses gesê het, dit is die wette vir 'n vrou wat getroud is of wanneer sy nog jonk is en by haar pa woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié reëls het die Here vir Moses gegee in verband met die verantwoordelikhede wat ’n getroude man oor sy vrou se beloftes het, asook oor sy ongetroude dogter se beloftes. |