Numbers 30:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy dit tot niet maak nadat hy dit gehoor het; dan sal hy haar ongeregtigheid dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy eers lank nadat hy van haar geloftes of verpligtings gehoor het, dit tot niet probeer verklaar, moet hy self instaan vir die gevolge daarvan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid. |
| Afrikaans 1983 | As hy egter die geloftes of verpligtinge eers lank nadat hy daarvan gehoor het, nietig verklaar, dra hy die skuld daarvoor, nie sy nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as hy dit uitdruklik ongeldig verklaar nadat hy dit gehoor het, dan sal hy haar skuld dra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as hy die geloftes breek lank nadat hy daarvan gehoor het, dan is hý skuldig omdat sy vrou nie doen wat sy belowe het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy wel van haar belofte gehoor het en eers later beswaar maak, sal hy die verantwoordelikheid vir haar skuld dra.” |