Numbers 30:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as haar man van dag tot dag heeltemal met haar swyg; dan bevestig hy al haar geloftes of al haar bande wat op haar is; hy bevestig dit, omdat hy met haar geswyg het op die dag dat hy dit hoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As haar man nie beswaar maak die dag waarop hy hoor wat sy op haarself geneem het nie, stem hy daarmee in. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het. |
| Afrikaans 1983 | As haar man nie voor die volgende dag beswaar maak nie, maak hy al haar geloftes of al die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag. Hy het dit dan van krag gemaak deurdat hy geen beswaar gemaak het toe hy daarvan gehoor het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As haar man tot die volgende dag doodstil bly teenoor haar, dan maak hy al haar geloftes, of al die verpligtinge wat sy op haar geneem het, geldig, omdat hy stilgebly het teenoor haar op die dag wat hy dit gehoor het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as haar man hoor wat sy belowe en hy sê niks daaroor voor die volgende dag nie, dan laat hy alles wat sy belowe het, so bly. Hy het niks gesê toe hy dit gehoor het nie, hy het die gelofte so laat bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy egter nie teen die volgende dag, nadat hy van die belofte of eed gehoor het, beswaar maak nie, moet sy haar beloftes nakom. Want as hy stilbly, dan keur hy haar beloftes aan die Here goed. |