Numbers 30:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke gelofte en elke bindende eed om die siel te verdruk, haar man kan dit bevestig, of haar man kan dit ongeldig maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Haar man kan enige gelofte of eed waarmee ’n vrou haarself verbind het, bevestig of tot niet verklaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig -- haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak. |
| Afrikaans 1983 | Elke gelofte of eed waarmee sy haarself wil kasty, kan deur haar man van krag gemaak of nietig verklaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Enige gelofte of enige eed wat haar verplig tot verootmoediging – haar man kan dit geldig verklaar of haar man kan dit ongeldig verklaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Haar man mag elke gelofte wat sy gemaak het en alles wat sy belowe het, so laat bly, of hy mag dit stop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Haar man het die reg om enige belofte of eed wat sy aflê, nietig te verklaar. |