Numbers 30:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as haar man dit heeltemal tot niet gemaak het op die dag dat hy dit gehoor het; dan wat van haar lippe uitgegaan het oor haar geloftes of oor die band van haar siel, sal nie bestaan nie; haar man het dit tot niet gemaak; en die HERE sal haar vergewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As haar man alles wat sy vrou gesê en beloof het, verwerp wanneer hy daarvan hoor, sal dit alles van nul en gener waarde wees. Die Here sal haar daarvan vrystel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe. |
| Afrikaans 1983 | Maar as haar man die geloftes uitdruklik nietig verklaar wanneer hy daarvan hoor, is alles wat sy gesê het, haar geloftes of verpligtinge, nie van krag nie, en sal die Here dit nie teen haar hou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as haar man dit uitdruklik ongeldig verklaar die dag wat hy dit hoor, sal alles wat oor haar lippe kom – haar geloftes en haar selfverpligting – nie geld nie. Haar man het dit ongeldig gemaak, en die Here sal haar vergewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as haar man hoor wat sy belowe, en hy stop dadelik die belofte wat sy gemaak het, dan moet sy nie doen wat sy belowe het nie. Haar man het gesê sy moenie dit doen nie, en die Here sal haar vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as haar man dit nietig verklaar, is die beloftes wat sy gemaak het, ongeldig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie omdat haar man haar gekeer het om te doen wat sy belowe het. |