Numbers 3:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het, volgens hulle geslagte, al die manspersone van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die manlike persone uit Levi wat Moses en Aäron op bevel van die Here getel het, was altesaam 22 000. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend. |
| Afrikaans 1983 | Die manlike Leviete van 'n maand en ouer wat deur Moses en Aäron op bevel van die Here volgens families getel is, was altesaam twee en twintig duisend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die ingeskrewe Leviete, wat Moses en Aäron op bevel van die Here ingeskryf het, volgens hulle familiegroepe, elke manlike persoon van 'n maand en ouer, was 22 000. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses en Aäron gesê hulle moet die name en families van die Leviete in 'n boek skryf. Die mans en ook die seuns wat 'n maand of ouer is, was almal saam 22 000. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die totaal van al die Leviete van ’n maand en ouer was 22 000. Dit is volgens Moses en Aäron se sensus. |