Numbers 3:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van Merári was die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete; dit is die geslagte van Merári.
Afrikaans (NLV) 2011 Merari se nageslag was Magli en Musi.
Afrikaans 1933/1953 Aan Mer ri het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Mer ri.
Afrikaans 1983 Merari was die hoof van die familiegroepe Magli en Musi. Hulle was die Merariërs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By Merari hoort die familiegroep wat van Magli afstam en die familiegroep wat van Musi afstam. Hulle was die familiegroepe wat van Merari afgestam het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Magli-familie en die Musi-familie was van die nageslag van Merari.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Merarigroep is saamgestel uit die familiegroepe van Magli en Musi.