Numbers 3:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die getal van al die manspersone, van 'n maand oud en daarbo, was agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle manspersone bo ’n maand oud was altesaam 8 600. Hulle moes na die heiligdom omsien.
Afrikaans 1933/1953 Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agt duisend ses honderd wat die diens van die heiligdom waargeneem het.
Afrikaans 1983 Hulle manlike persone van 'n maand en ouer was altesaam ag duisend ses honderd. Hulle taak was om die heiligdom te versorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volle getal van al die manlike persone van 'n maand en ouer was 8 600. Hulle moes die verpligtinge in die heiligdom nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mans en seuns wat 'n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 8 600. Hulle moes al die werk by die tempel-tent doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was altesaam 8 600 mans in hierdie groep. Hulle taak was om die heiligdom waar God gedien word, in stand te hou.