Numbers 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat al die eersgeborenes myne is; want op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel aan My geheilig, mense sowel as diere; hulle sal myne wees: Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die seuns wat eerste gebore word, behoort mos aan My. Sedert Ek al die oudste seuns van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek die eerste een wat van mense en diere gebore word in Israel vir Myself opgeëis. Hulle behoort aan My.”
Afrikaans 1933/1953 Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983 Al die eersgeborenes is Myne: die dag toe Ek al die eersgeborenes van die Egiptenaars omgebring het, het Ek dié van Israel, van mens en dier, vir My opgeëis; hulle behoort aan My. Ek is die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat al die eersgeborenes aan My behoort. Toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig: Die eersgeborenes van mense sowel as diere behoort aan My. Ek is die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die oudste seuns en al die eerste kleintjies van die mak diere is Myne. Dit is so van daardie dag af toe Ek die oudste seuns in Egipte laat sterf het. Ek het toe elke seun en elke dier wat eerste gebore is, aan My gewy, hulle is Myne, Ek is die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***