Numbers 29:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle spysoffer moet wees van meel gemeng met olie, drie-tiendes vir 'n bul en twee-tiendes vir een ram, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel, |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram, |
| Afrikaans 1983 | Saam met die bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir die bul, twee tiendes van 'n efa vir die een ram, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit gee saam met die koring-offer wat by die brand-offer moet wees. By die bul moet julle drie tiendes van 'n efa van die beste meel gee wat julle met olyf-olie moet meng, by die skaap-ram twee tiendes van 'n efa meel |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met die ram twee kilogram |