Numbers 29:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die tiende dag van hierdie sewende maand moet vir julle 'n heilige samekoms wees; en julle moet julle siele verdruk; julle mag geen werk daarin doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tien dae later gedurende die sewende maand, moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle moet dan julle self verootmoedig. Op daardie dag mag julle geen werk doen nie.
Afrikaans 1933/1953 En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; g,,n werk mag julle doen nie.
Afrikaans 1983 “Op die tiende van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan moet julle julle verootmoedig en mag julle geen werk doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle moet julle verootmoedig, en geen werk mag julle doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself aan die Here wy. Julle mag dan nie eet nie en julle mag nie julle werk doen wat julle altyd doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle weer vir ’n besondere lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op dié dag moet julle oor julle sonde nadink en dit voor My bely. Niemand mag op dié dag werk nie.