Numbers 29:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Behalwe die brandoffer van die maand en sy spysoffer en die daaglikse brandoffer en sy spysoffer en hulle drankoffers, volgens hulle gebruik, tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie offers is bo en behalwe die maandelikse en die gereelde brandoffer wat saam met die graanoffer en die drankoffers gebring word. Dit is ’n vuuroffer vir die Here wat vir Hom vreugde gee.”
Afrikaans 1933/1953 behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif -- tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans 1983 Julle moet hierdie offers bring afgesien van die maandelikse en die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) afgesien van die brandoffer met nuwemaan en bypassende graanoffer, die gereelde brandoffer en bypassende graanoffer, en al die bypassende •drankoffers soos voorgeskryf, as 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offer op die Nuwemaan-fees en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. Dit is ook saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring, en saam met die drank-offers wat by al die offers moet wees. Julle moet dit doen soos die Here vir julle gesê het. Die offers ruik lekker vir die Here, dit is 'n vuur-offer vir Hom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gereelde maandelikse en daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, moet egter nog steeds gebring word. Dit is die soort offers waarvan die Here hou en wat Hy aanvaar.”