Numbers 29:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie dinge moet julle aan die HERE doen op julle feestye, behalwe julle geloftes en julle vrywillige offers, vir julle brandoffers en julle spysoffers en julle drankoffers en julle dankoffers.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle gedurende julle feeste vir die Here moet bring. Dit is naas julle gelofte-offers en vrywillige offers.”
Afrikaans 1933/1953 Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
Afrikaans 1983 “Dit is dan die brandoffers, die graanoffers, die drankoffers en die maaltydoffers wat julle in julle feestye vir die Here moet bring, julle gelofteoffers en vrywillige offers.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Dit is wat julle, afgesien van julle gelofte-offers en julle vrywillige gawes, vir die Here moet offer op julle vasgestelde feestye, naamlik julle •brandoffers, julle graanoffers, julle drankoffers en julle •maaltydoffers.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit is die offers wat julle moet bring vir die Here wanneer julle feesvier. Julle moet die brand-offers, die koring-offers, die drank-offers en die ete-offers gee saam met die gelofte-offers en met die offers wat julle self besluit om te bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is die lys brandoffers, graanoffers, drankoffers en eteoffers wat julle vir die Here moet offer op die vasgestelde feesdae. Hierby kom ook nog die gelofteoffers en vrywillige offers wat enige persoon enige tyd mag bring.”