Numbers 29:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en een bok as sondoffer; behalwe die voortdurende brandoffer en sy spysoffer en sy drankoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring ook nog naas die gereelde brandoffer, graanoffer en drankoffer ’n bokram as sonde-offer.
Afrikaans 1933/1953 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
Afrikaans 1983 Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook gebring word.