Numbers 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring; een jong bul, een ram en sewe jaaroud lammers sonder gebrek; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag bring julle ’n brandoffer wat vir die Here vreugde gee. Dit bestaan uit ’n gesonde jong bul, ’n gesonde ram en sewe gesonde lammers van ’n jaar oud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; |
| Afrikaans 1983 | Julle moet as brandoffer, wat deur die Here aanvaar word, 'n jong bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet •brandoffers bring as aangename geur vir die Here: een jong bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here 'n brand-offer bring wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: 'n bul, 'n skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet julle vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie. |