Numbers 29:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet 'n brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring; dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers; hulle sal sonder gebrek wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag moet julle ’n buitengewone brandoffer tot vreugde van die Here bring. Dit is ’n vuuroffer van dertien jong bulle, twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud. Almal moet gesond en sonder tekortkomings wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees; |
| Afrikaans 1983 | Julle moet as brandoffer, as vuuroffer wat deur die Here aanvaar word, dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here, aanbied: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers, sonder gebrek moet hulle wees, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [13-34] Julle moet elke dag bulle, skaap-ramme en jaaroud ram-lammers gee. Dit moet gesonde diere wees. Dit moet 'n brand-offer wees, 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Saam met die brand-offer moet julle 'n koring-offer gee van die beste meel wat julle met olyf-olie moet meng. Vir elke bul moet julle drie tiendes van 'n efa meel gee, vir elke skaap-ram twee tiendes van 'n efa meel en vir elke lam een tiende van 'n efa meel. Julle moet elke dag ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. “Op die eerste dag moet julle 13 bulle, twee skaap-ramme en 14 lammers gee, op die tweede dag twaalf bulle, twee ramme en 14 lammers, op die derde dag elf bulle, twee ramme en 14 lammers, op die vierde dag tien bulle, twee ramme en 14 lammers, op die vyfde dag nege bulle, twee ramme en 14 lammers, op die sesde dag ag bulle, twee ramme en 14 lammers, op die sewende dag sewe bulle, twee ramme en 14 lammers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat heeltemal gesond is. |