Numbers 29:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; geen dienswerk mag julle doen nie, en sewe dae lank 'n fees tot eer van die HERE hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vyf dae later moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle mag dan nie met julle gewone werk aangaan nie. Julle moet dan vir sewe dae lank die Huttefees vier tot eer van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier. |
| Afrikaans 1983 | “Op die vyftiende van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Sewe dae lank moet julle die huttefees vier tot eer van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Julle moet sewe dae lank feesvier ter ere van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie op daardie dag julle werk doen wat julle altyd doen nie. Julle moet hierdie fees sewe dae lank vir die Here vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is die begin van die huttefees, ’n fees tot eer van die Here om dankie te sê vir sy goedheid en sorg. Dit hou sewe dae lank aan. |