Numbers 29:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Een bokram as sondoffer; behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer daarvan en hulle drankoffers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet ook nog ’n bokram as sonde-offer bring bo en behalwe die sonde-offer wat julle vir versoening bring saam met die gereelde brandoffer, die graanoffer en die drankoffer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort -- en hulle drankoffers. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die sondeoffer vir julle versoening en die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Offer ook een bokram as reinigingsoffer, afgesien van die reinigingsoffer vir die versoening, by die gereelde brandoffer, met sy bypassende graanoffer en al die bypassende drankoffers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees saam met die sonde-offer vir versoening. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle altyd moet bring en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring, en saam met die drank-offer wat julle by elke offer moet gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Dit is bo en behalwe die gewone sondeoffer wat julle bring om vergifnis te vra vir julle sonde, asook die brandoffers met die graan- en drankoffers.” |