Numbers 29:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; julle mag geen dienswerk doen nie; dit is vir julle 'n dag van basuinblaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Fees van die Trompette word in die vroeë herfs gevier. Daardie dag moet julle bymekaarkom vir ’n gewyde byeenkoms. Julle mag nie met julle gewone werk aangaan nie. Op daardie dag moet die trompette geblaas word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees. |
| Afrikaans 1983 | “Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Dit moet vir julle 'n dag wees waarop op •ramshorings geblaas word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Op die eerste dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie op daardie dag die werk doen wat julle altyd doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op die eerste dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is ’n dag waarop julle moet feesvier. |