Numbers 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder vlek, en twee tiendes meel as spysoffer, gemeng met olie, en die drankoffer daarvan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op die Sabbatdag moet jy twee gesonde jaaroud lammers offer. Dit moet gedoen word saam met ’n graanoffer van drie kilogram meel wat met olie gemeng is en ’n drankoffer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort. |
| Afrikaans 1983 | “Op die sabbat moet julle twee jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek offer, met daarby drie kilogram meel wat met olie gemeng is as graanoffer en met 'n drankoffer daarby. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Op die Sabbatdag moet twee jaaroud ramlammers sonder gebrek en twee tiendes van 'n efa gesifte meel as graanoffer, gemeng met olyfolie en die bypassende drankoffer, gebring word – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Op die Sabbatdag moet julle twee gesonde jaaroud ram-lammers offer. Julle moet dit offer saam met twee tiendes van 'n efa van die beste meel wat julle met olyf-olie moet meng, en saam met die drank-offer wat julle saam met die lammers moet offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op die sabbat, die sewende dag van die week waarop almal moet rus, moet daar twee jaaroud rammetjies geoffer word. Hulle moet gesond wees en niks makeer nie. Saam met hulle is die graanoffer van drie kilogram meel met olyfolie gemeng en ’n drankoffer wat daarby hoort. |