Numbers 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die ander lam moet jy in die aand berei; as die spysoffer van die môre en as sy drankoffer moet jy dit berei as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tweede lam word in die aand gebring saam met ’n maaltydoffer en drankoffer net soos die offer van die oggend. Dit is ’n vuuroffer wat vir die Here vreugde verskaf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei -- 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet die tweede lam teen die aand offer, met dieselfde hoeveelheid meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tweede ramlam moet jy teen laatmiddag offer. Soos die •graanoffer in die oggend, moet jy dit offer en die bypassende drankoffer as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer dit begin donker word, dan moet julle die tweede lam offer saam met die koring-offer en die drank-offer, julle moet dit offer soos in die oggend. Dit is 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir My, die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede lam moet in die aand geoffer word met presies dieselfde graan- en drankoffers as dié van die oggend. Dit is ’n vuuroffer waarvan die Here hou.” |