Numbers 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy drankoffer moet 'n vierde deel van 'n hin vir die een lam wees; in die heiligdom moet jy die sterk wyn vir die HERE as drankoffer laat uitgooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met die lam moet julle ’n drankoffer van een liter wyn bring. Julle moet dit by die heiligdom uitgiet as ’n offer vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer julle die eerste lam offer, moet julle 'n liter wyn as drankoffer vir die Here by die heiligdom uitgiet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bypassende •drankoffer is 'n kwart hin saam met die eerste ramlam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank vir die Here uitgiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met die brand-offer moet julle ook 'n drank-offer gee. Die drank-offer is 'n kwart hin wyn wat julle vir die Here by die tempel moet uitgooi op die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die drankoffer wat by hierdie offer hoort, is ’n liter wyn wat oor die altaar uitgegooi word. |