Numbers 28:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is 'n voortdurende brandoffer wat op die berg Sinai bestem is as 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit was die gereelde brandoffer wat reeds by die Sinaiberg as vuuroffer gebring is, ’n vreugde vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die gereelde brandoffer wat al by Sinaiberg gebring is, 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die gereelde brandoffer wat op die berg Sinai gebring is as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die brand-offer wat julle elke dag moet bring, julle doen dit vandat julle by Sinai-berg was. Dit ruik lekker vir My, die Here, dit is 'n vuur-offer vir My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die brandoffer wat die Here reeds by die berg Sinai ingestel het en waarvan Hy hou. |