Numbers 28:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet dit berei by die voortdurende brandoffer en sy spysoffer (dit moet vir julle sonder gebrek wees) en hulle drankoffers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet hierdie buitengewone offers saam met die drankoffers bring. Dit is bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer. Julle moet seker maak dat die offerdiere gesonde diere is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei -- hulle moet vir julle sonder gebrek wees -- en hulle drankoffers. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet hierdie offers bring met die drankoffers daarby, afgesien van die gereelde brandoffer en die graanoffer daarby. Julle moet sorg dat die offerdiere sonder liggaamsgebrek is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graanoffer, moet julle dit met bypassende drankoffers bring. Hulle moet sonder gebrek wees.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet elke dag 'n brand-offer en 'n koring-offer bring. Saam met hierdie offers moet julle die offers bring om versoening te doen en ook die drank-offers wat julle saam met hierdie offers moet bring. Die diere wat jy offer, moet gesond wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bo en behalwe hierdie offer moet die daaglikse brandoffer en die graanoffer steeds gebring word. Sorg ook dat die diere wat geoffer word, niks makeer nie.” |