Numbers 28:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring; twee jaaroud lammers dag vir dag sonder vlek as 'n voortdurende brandoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir hulle: Julle moet gereeld, dag vir dag, vir die Here twee gesonde jaaroud lammers as vuuroffer bring.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.
Afrikaans 1983 “Sê vir hulle: Julle moet die volgende vuuroffer vir die Here bring: twee jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek as gereelde brandoffers vir elke dag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir hulle, ‘Dit is die offergawe wat julle vir die Here moet aanbied: twee jaaroud ramlammers sonder gebrek, daagliks as 'n gereelde •brandoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir hulle sê hulle moet elke dag vir My hierdie vuur-offer bring: twee gesonde jaaroud ram-lammers. Dit is 'n brand-offer wat hulle elke dag moet bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierdie is dan die vuuroffers wat hulle vir die Here moet bring: Daar is ’n brandoffer wat elke dag vir die Here gebring moet word. Hierdie offer bestaan uit twee jong rammetjies van ’n jaar oud. Hulle mag nie iewers ’n liggaamsgebrek hê nie.