Numbers 28:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle moet die brandoffer as lieflike geur aan die HERE berei; twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet op daardie dag ’n buitengewone brandoffer vir die Here bring wat vir Hom vreugde gee. Dit bestaan uit twee jong bulle, ’n ram en sewe lammers wat ’n jaar oud is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers; |
| Afrikaans 1983 | Julle moet vir die Here as brandoffer wat deur Hom aanvaar word, twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet as 'n brandoffer, as 'n geurige offer vir die Here, twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud ramlammers, aanbied, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here 'n brand-offer gee wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: twee bulle, een skaap-ram en sewe jaaroud lammers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet julle vir die Here ’n spesiale brandoffer bring waarvan Hy hou: twee jong bulle, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies. |