Numbers 28:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring, nadat julle weke verby is, moet daar vir julle 'n heilige samekoms gehou word; julle mag geen dienswerk doen nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op die eerste dag van die Fees van die Weke bring julle ’n offer uit die nuwe graan wat geoes is. Op hierdie dag moet daar ’n gewyde byeenkoms vir die Here wees. Julle mag nie op daardie dag julle gewone werk doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. |
| Afrikaans 1983 | “Sewe weke na paasfees wanneer julle die fees van die weke tot eer van die Here begin vier en die graanoffer uit die nuwe oes bring, moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Op die dag van die eerste opbrengs van die oes, wanneer julle 'n graanoffer van die nuwe oes vir die Here aanbied tydens julle Fees van die Weke, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Op die dag wanneer julle die Fees van die Weke vier en vir die Here 'n koring-offer gee van die nuwe koring wat julle afgesny het, moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie werk op hierdie dag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op die eerste dag van die oesfees, sewe weke na paasfees, moet julle ’n graanoffer uit die nuwe oes bring om vir die Here dankie te sê vir die oes. Dan moet julle ’n spesiale lofprysingsgeleentheid hou. Op daardie dag mag niemand werk nie. |