Numbers 28:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle elke dag, gedurende die sewe dae lank, die vleis van die vuuroffer as lieflike geur aan die HERE berei; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op elkeen van die sewe dae moet julle die graanoffer bring as ’n vuuroffer wat vir die Here vreugde gee. Die offers moet bo en behalwe die gereelde brandoffer en drankoffer gebring word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word -- en die drankoffer wat daarby behoort. |
| Afrikaans 1983 | So moet julle sewe dae lank elke dag 'n voedseloffer, 'n vuuroffer, bring wat deur die Here aanvaar word. Dié offers moet gebring word afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op dié wyse moet julle elke dag, sewe dae lank, voedsel offer, 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. By die gereelde brandoffer en die bypassende drankoffer moet julle dit offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet dit doen op elke dag van die sewe dae. Dit is 'n ete, 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Julle moet dit offer saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet ook vir die volle sewe dae ’n kosoffer bring wat vir die Here verbrand kan word, want dit is die offers waarvan Hy hou en wat Hy aanvaar. Hierdie offers word geoffer bo en behalwe die gereelde brandoffer en die drankoffer. |