Numbers 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle spysoffer moet meel met olie gemeng wees: drie-tiendes vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie. Saam met die offer van die ram bring julle drie kilogram meel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van 'n efa vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei. |
| Afrikaans 1983 | Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bypassende •graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie, moet julle ook bring: drie tiendes van 'n efa vir die bul en twee tiendes van 'n efa vir die skaapram. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook 'n koring-offer daarby gee. Julle moet van die beste meel gee wat julle met olyf-olie meng. Dit moet wees: drie tiendes van 'n efa meel saam met 'n bul, twee tiendes van 'n efa meel saam met die skaap-ram, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met elke ram twee kilogram hiervan |