Numbers 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: My offer en my brood vir my vuuroffers, as 'n lieflike geur vir My, moet julle sorgvuldig aan My bring op die regte tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gee die volgende opdragte aan die Israeliete: ‘Sorg dat julle my offer op die tyd bring wat daarvoor bepaal is. Die offer wat julle vir My op die vuur bring, is my kos. Ek hou baie daarvan.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring. |
| Afrikaans 1983 | “Beveel die Israeliete om op die bestemde tyd die offer te bring wat My toekom, die voedsel vir my vuuroffers wat deur My aanvaar word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Gee aan die Israeliete opdragte en sê vir hulle, ‘Wat my offers betref: Let nougeset daarop om op die vasgestelde tyd my voedsel, my offergawes, as 'n geur wat My behaag, vir My aan te bied.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet my offers vir My gee op die tyd wat Ek sê, die offers wat Ek moet kry. Dit is kos vir My, dit is vuur-offers, dit ruik lekker vir My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die Israeliete om op die tye wat Ek bepaal het, offers en vuuroffers vir My te bring. Dit sal vir My aanvaarbaar en goed wees. |